affordable accommodation in Pretoria

Moreletapark Auditorium akkommodasie

Posted on

Moreletapark Auditorium akkommodasie

Andante Lodge bied pragtige suites aan besoekers wat op soek is na Moreletapark Auditorium akkommodasie. Ons is ‘n vierster gegradeerde B&B Gastehuis sowat 4 km vanaf die Moreleta Auditorium.

Ons rustige atmosfeer en luukse kamers sal jul aand volmaak afrond. Die volgende oggend kan jul aansit vir ‘n heerlike ontbyt in ons ontbytkamer wat uitkyk oor groot tuine. Die getjirp van voels dra by tot die rustigheid wat Andante Lodge bied op sy groot perseel.

Ons het selfsorg suites sowel as suites toegerus met ‘n koffie en tee stasie, mikrogolf oond en yskas. Van ons suites is ideaal toegerus vir families wat graag saam wil bly. Ons foto gallery op ons web tuiste gee ‘n redelike idee van die suites.

Wat ons aantreklikheid as voorkeur keuse vir Moreletapark Auditorium akkommodasie bevorder, is ons sentrale ligging. Ons is slegs sowat 20 minute se ry vanaf die OR Tambo Lughawe en ‘n klipgooi vanaf die bekende Menlyn Winkel Kompleks.

Raadpleeg gerus ons resensies op Tripadvisor om ‘n geheel-beeld te kry oor Andante Lodge.

Maak gerus jou bespreking , ons sien uit daarna om julle te verwelkom.

Moreletapark Auditorium akkommodasie
Moreletapark Auditorium akkommodasie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *